Eskom vier 8 maande sonder beurtkragDecember 1, 2024

Eskom het bevestig sy herstelplan het gesorg dat beurtkrag nou opgeskort is vir 247 agtereenvolgende dae sedert 26 Maart. Die woordvoerder Daphne Mokoena sê strukturele verbeterings in die steenkoolaangedrewe vloot het jaar-tot-jaar uitgeloop op dieselbesparings van byna 18-miljard Suid-Afrikaanse rand, wat ‘n vermindering van 71-persent is. Sy sê met energiebeskikbaarheid nou op 63-persent, verwag Eskom ‘n beurtkragvrye somer weens die versterking van die kragnetwerk.