Groot Paarlberg-brand nog nie beheerDecember 1, 2024
Die Brandweerdiens van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit het oornag aansienlik gevorder met die stryd teen ‘n groot brand op Paarlberg. Koeler weer en minder wind het gehelp met die bestryding, maar brandpunte en aktiewe brandlyne verg nog werk. Die woordvoerder Jo-Anne Otto sê lug- en grondspanne is steeks aktief teen waarskynlike opvlamming, weens warm weer en die geil plantegroei. Sy bevestig brandbestrydings- en opruimingsoperasies duur voort.