SA as G20-leier ‘moet op Afrika-skuld fokus’December 1, 2024

Die G20 se amptelike kontakgroep, Think20 SA – ‘n netwerk van navorsingsinstitute – doen ‘n beroep dat oplossings vir Afrika se skuldkrisis vooropgestel moet word met Suid-Afrika wat vandag die presidentskap van die G20-lande oorneem. Suid-Afrika neem by Brasilië oor wat ‘n sleuteloomblik in sy globale diplomasie is. ‘n Assosiaat-organisasie, Pan African Thought and Conversation, se direkteur, Siphamandla Zondi, sê intussen bewysgebaseerde beleidsrigtings word aanbeveel om die G20 agenda te rig. Hy sê talle van die kwessies in die G20-groep is in Afrika se belang.