Trump benoem lojalis Patel as FBI-direkteurDecember 1, 2024

Die Republikeinse verkose president Donald Trump sê hy wil hê die oud-nasionale veiligheidsbeampte en lojalis Kash Patel moet die Federale Ondersoek-buro, of FBI lei. Patel het voorheen ‘n beroep gedoen om die FBI van sy intelligensie-insamelingsrol te stroop en ontslae te raak van enige werknemer wat weier om Trump se agenda te ondersteun. Met die benoeming gee Trump te kenne dat hy gereed maak om sy dreigement uit te voer om die buro se huidige direkteur, Christopher Wray, ‘n Republikein wat hy self aangestel het, uit te dryf. Wray se termyn van 10 jaar by die FBI verstryk eers in 2027.