SA, VSA handelsgeskille ‘kan Namibië benadeel’February 4, 2025

Amerikaanse president Donald Trump se aanmerkings oor Suid-Afrika se Onteieningswet en die moontlike opskorting van ontwikkelingshulp aan die land het skokgolwe veroorsaak. Analiste het kommer oor die nagevolge as Suid-Afrika se voorkeurtoegang tot Amerikaanse markte ingevolge die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, of Agoa, in die gedrang kom. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor, wat sê so ‘n geveg tussen die twee lande sal Namibië indirek raak.