Onderwys sê oor sanitasie, oorbevolkingFebruary 6, 2025

Die onderwysministerie het gereageer op die nuus dat twee laerskole in Rundu deur die dorpsraad gesluit is weens uiters swak sanitasie. Die skole se gesamentlike 3 100 leerders deel ablusiegeriewe, wat volgens die dorpsraad lank reeds buite werking is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Edda Bohn, die adjunk-direkteur van onderwys, wat sê sanitasie is ‘n prioriteit vir die ministerie en daar word aan gewerk.

Sy het ook meer inligting oor planne met oorbevolking van klaskamers verskaf.