Voorsitter van minimumloon-kommissie reageer oor brandstofprysMarch 5, 2025

Daar is steeds ongelukkigheid oor die brandstofprysverhoging wat veroorsaak is deur onder andere ‘n 30 sent per liter-verhoging in die handelaarsmarge. Die energie-ministerie het aangedui dit is sodat diensstasie-eienaars die minimum loon kan bekostig en afleggings verhoed word. Reaksie is ontvang van die bestuurskenner dr. Marius Kudumo, voormalige voorsitter van die minimumloon-kommissie.