Stukkie Parmesaankaas vir jou?June 3, 2025

‘n Wiel Parmigiano Reggiano word gevier as “’n outentieke juweel van die natuur” nadat dit ‘n nuwe rekord vir die oudste Parmesaankaas opgestel het. Die 36kg wiel was een van die laaste wat in 1998 deur Romano en Silvia Camorani by hul suiwelplaas in Poviglio, ‘n dorpie naby Parma in Italië se noordelike Emilia-Romagna-streek, gemaak is. Die kaas, wat na raming meer as 410 000 Namibiese dollar werd is, is Sondag op die ouderdom van 27 jaar en drie maande gesny en getoets, en het die vorige rekord van 21-jaar-oud geklop. Die geur en smaak was uit die hemel, het Romano Camorani gesê. Die kaas neem gewoonlik 12 tot 36 maande om ryp te word, met langer veroudering wat slegs in buitengewone gevalle plaasvind.