83% noodsaaklike medisyne is nou beskikbaarJune 27, 2025
Die beskikbaarheid van noodsaaklike medisyne by openbare gesondheidsfasiliteite regoor Namibië het 83 persent bereik. Die lynministerie se uitvoerende direkteur Penda Ithindi sê dit is as gevolg van ‘n kombinasie van verkrygingsstrategieë, die bekendstelling van langtermynvoorsienings kontrakte, en versnelde verkryging vir prioriteitsmedisyne. ‘n Voorraadvlak van 70 persent is by die sentrale stoor gehandhaaf maar sê verdere beleggings in pakhuis-, logistiek- en verspreidingstelsels is nodig om die prestasie te volhou en te verbeter. Die ministerie is onlangs ‘n vrystelling van nasionale verkrygingsdrempels toegestaan, wat vinniger verkryging van kritieke medisyne moontlik maak en burokrasie verminder.