Musk gaan eie party in Amerika stig July 6, 2025

Miljardêr Elon Musk het Saterdag gesê hy gaan ‘n nuwe politieke party, America Party, stig. Dit volg enkele weke ná sy dramatiese uitval met president Donald Trump oor die leier se ‘Big, Beautiful Bill”, wat Musk sê gaan Amerika bankrot maak. As gebore Suid-Afrikaner mag Musk nie aan ‘n presidensiële verkiesing in Amerika deelneem nie. Hy het egter nie gesê wie die leier van sy nuwe party gaan wees nie. Dit is ook nie bekend of die party reeds by die verkiesingsowerhede in Amerika geregistreer is nie.