N$300 000 in kontant by Chinatown-winkel gesteel in roofJuly 7, 2025
Sowat 300 000 Namibiese dollar in kontant is Vrydagoggend tydens ‘n gewapende roof in ‘n tekstielwinkel in Chinatown in Windhoek gesteel. Vier verdagtes, twee met pistole, het by die winkel ingebreek en drie slagoffers met die wapens gedreig. Buiten vir die geld, het die rowers ook ‘n pistool, vier magasyne, ammunisie, ‘n diamantring en ander juwele gesteel. Die totale waarde van die buit is 681 000 dollar. Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie. In nóg ‘n onverwante gewapende roof in die hoofstad, is twee mense Vrydagaand in ‘n woonstel in Hochlandpark met ‘n pistool en ‘n mes gedreig. Twee verdagtes het die slagoffers in die badkamer toegesluit en items ter waarde van 122 400 dollar gesteel. Ook hier het die polisie nog niemand in hegtenis geneem nie.