Nam-dwelmmuil kry 8 jaar in JohannesburgJuly 8, 2025

Die Namibiese dwelmmuil wat in September verlede jaar by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg in hegtenis geneem is met 68 pakkies kokaïen in haar maag, Pauline Mbangula, 30, se saak is afgehandel. Sy is in die Kemptonpark landdroshof tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir dwelmhandel en besit van dwelms, na sy skuldig gepleit het. Die dwelms was sowat 800 000 Namibiese dollar werd. Sy is op die lughawe aangekeer na sy op ‘n vlug van Sao Paulo in Brasilië aangeland het. Sy is volgens berigte vir ‘n kort vakansie na Brasilië geneem deur haar Nigeriese kêrel, wat sy aanlyn ontmoet het. Hy het nie saam met haar teruggekeer nie.