Namibërs leen ruim by mikrolenersJuly 8, 2025

Namfisa se oorsig van die eerste kwartaal toon dat amper 260 000 Namibiërs mikroleners 7,6 miljard Namibiese dollar skuld. Die owerheid sê daar is ‘n 6 persent daling teenoor die vorige kwartaal in die totale leningsboek maar ‘n 13 persent toename op ‘n jaargrondslag. Net in die eerste kwartaal is 1,4 miljard dollar se lenings geneem. Namibiërs leen gemiddeld 30 500 dollar op termynlenings en net meer as 3 800 dollar op betaaldaglenings.