Plaaslike kankerregister ingesluit in wêreld kankeratlas July 8, 2025
Namibië se Nasionale Kankerregister is ingesluit in die Globale Kankeratlas, ‘n belangrike dataprojek deur die Amerikaanse Kankervereniging, die Wêreld Gesondheidsorganisasie en die Internasionale Agentskap vir Kanker-navorsing. Die insluiting is ten spyte van plaaslike uitdagings soos die gebrek aan ‘n formele Kankerbeheerplan en dat kanker nie ‘n aanmeldbare siekte is nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, oor die uitdagings.