Voorvalle van diefstal van voedselhulp duur voortJuly 8, 2025
Die voortdurende diefstal van voedselhulp wek groot kommer. Die jongste voorval het in Otjozondjupa plaasgevind en volgens wat berig word is twee Otavi-amptenare, wat verantwoordelik is vir die verspreiding van die voedsel reeds gearresteer is en vry is op borg. Dit kom na ‘n voorval in Kavango Oos waar ‘n 48-jarige man betrap is waar hy voedselhulp, ter waarde van meer as 34 000 Namibiese dollar verkoop het. In Kavango Wes is voedsel ter waarde van 39 000 dollar uit ‘n pakhuis gesteel. Die voedsel is bestem vir die kwesbaarste lede van gemeenskappe in die land.