Welwitschias draf Senegal 55-17 kaf by 2025 Rugby Afrika-bekerJuly 8, 2025
Die Welwitschias het hul onoorwonne rekord teen Senegal behou met ‘n 55-17 oorwinning by die 2025 Rugby Afrika-beker toernooi. Hulle gaan daarmee deur na die halfeindrondte van die toernooi wat in Kampala, Uganda gespeel word. Drieë deur Johan Retief en Jurgen Meyer in die eerste helfte is gevolg deur meer deur André van der Berg, Adriaan Ludick, Armand Combrinck en Adriaan Booysen. AJ Kearns het twee drieë gedruk. Die Biltongboere se volgende wedstryd is Sondag teen Algerië.