Gesondheid reageer op hoë selfmoordsyferJuly 9, 2025
Die gesondheidsministerie sê hy integreer en desentraliseer geestesgesondheidsdiente in reaksie op die toenemende voorkoms van selfmoord. Volgens die ministerie se syfers het daar 542 gevalle van selfmoord in die 2023-24 boekjaar plaasgevind waaronder 449 mans, 80 vroue, agt seuns en vyf meisies. Tussen Januarie 2021 en Mei 2022 is 679 selfmoorde in die land aangeteken. Die veldtog om geestesgesondheid aan te spreek is reeds in Oktober 2022 van stapel gestuur maar, het vasgeval. Die ministerie se segsman Walters Kamaya sê dinge is tans op dreef en vordering word gemaak.