Namibië, Egipte gaan saamwerk op landbougebiedJuly 9, 2025
‘n Namibiese afvaardiging gelei deur Paulus Mbangu, voorsitter van die Nasionale Raad se landbou- en besproeiingskomitee, het met Egipte se landbouminister, Alaa Farouk, vergader. Dit was volgens Egiptiese media om landbou-samewerking tussen die twee lande te versterk. Daar is ooreengekom dat tegniese komitees gevorm sal word om ‘n memorandum van verstandhouding op te trek met duidelike programme en spesifieke tydlyne. Die twee partye het samewerking in die uitruil van kundigheid bespreek, asook die produksie van gewas-sade, die verbetering van vee-rasse en agro-verwerking, en hoe om die gevolge van klimaatsverandering, te verminder. Farouk sê Egipte is gretig om deur sy navorsingsentrums Namibië by te staan en beleggingsmoontlikhede te verken. Hy het ook aangebied om Namibiese spesialiste by die Egiptiese Internasionale Sentrum vir Landbou op te lei.