Parlementêre komitee het groot kommer oor 30% tarieweJuly 9, 2025

Die parlementêre gekose komitee oor Ekonomiese Ontwikkeling en Handel sê hy is bekommerd oor die 30-persent tariefverhoging wat die Amerikaanse regering op Suid-Afrikaanse uitvoere gaan instel. Die komiteevoorsitter, Sonja Boshoff, sê die tarief ondermyn die geskiedkundige handelsamewerking tussen Amerika en Suid-Afrika en is ʼn ernstige bedreiging vir strategiese sektore soos sitrus, makadamia, voertuigonderdele, staal en aluminium. Die land se sitrusbedryf alleen ondersteun meer as 35 000 werksgeleenthede en dra jaarliks meer as 38-miljard Suid-Afrikaanse rand by tot die ekonomie.