Reuse-huisroof by 77-jarige pensioenaris July 9, 2025
Die Erongo-polisie sê twee handwapens en 50 000 Namibiese dollar is by ‘n 77-jarige pensioenaris op Usakos gesteel. Rondom 80 000 dollar se juweliersware is ook gesteel. Volgens die mag het die inbraak in haar kluis in haar huis tussen Donderdag 3 Julie en Maandag 7 Julie plaasgevind. Die inbrekers het toegang gekry deur haar agterdeur. Daar is tans geen leidrade nie.