Stad Whk weet nog nie wanneer hy oor watertariewe sal vergader nieJuly 9, 2025
Stad Windhoek kan geen uitsluitsel gee oor presies wanneer die stadsraad sal vergader om die watertariewe afwaarts aan te pas vanaf die huidige kategorie 4-droogtestatus. Luidens die vergadering van alle rolspelers wat reeds in Mei gehou is om die beskikbare waterbronne te bepaal, het die sentrale gebied se waterbronne genoeg water om vir twee reënseisoene te hou sonder enige onmiddellike kommer. Kosmos 94.1 Nuus het weer navraag gedoen by woordvoerder Lydia Amutenya maar, daar is geen vastegestelde datum vir die bespreking nie, intussen betaal Windhoekers steeds droogtetariewe.