Bewaringsgebiede verdien grootJuly 10, 2025
Namibië se beskermde gebiede genereer inkomste van 140 miljoen Namibiese dollar per jaar en ondersteun ongeveer 500 000 mense. Dit is volgens die hersiene beleid rakende mynwese in beskermde gebiede. Die beleid moet nog aan die Kabinet voorgelê word vir goedkeuring. Dit lui dat Etosha Nasionale Park jaarliks sowat 90 miljoen Namibiese dollar uit toegangs- en bewaringsgelde genereer. ‘n Bykomende 20 miljoen dollar kan jaarliks gegenereer word deur konsessiegelde indien alle geïdentifiseerde toerismegeleenthede ontwikkel word. Die konsessies is aan naburige bewaringsgebiede en die Hai//om San-gemeenskap toegeken maar is nog nie op die been nie.