Hochfeld-‘daggaboere’ bly agter tralies, borgaansoek uitgestelJuly 10, 2025

Die borgaansoek van die vermeende Hochfeld-daggaboere is weer in die Okahandja landdroshof uitgestel. David van der Linden en Armand Schultz, en ‘n werker, Johannes Kamati, is in hegtenis geneem in verband met ‘n 1,55 hektaar daggaplantasie met ‘n waarde van sowat 52 miljoen Namibiese dollar. Hul vorige borgaansoek is ook uitgestel omdat daar nie ‘n Afrikaanse tolk beskikbaar was nie. Die aansoek is nou om dieselfde rede uitgestel na 14 en 15 Augustus, en hulle bly agter tralies.