Honderde daag (weer) op vir enkele vakante posJuly 10, 2025
In ‘n toneel wat glad nie ongewoon vir Namibië is nie, het 581 mense opgedaag vir ‘n enkele skoonmaker pos by die Karanawa-laerskool op Nkurenkuru. In 2019 het 4 000 mense opgedaag toe nege skoonmaker poste by die Sentraal-hospitaal in die hoofstad geadverteer is. Twee jaar gelede het ‘n restaurant in Windhoek 16 poste geadverteer en 2 400 mense het opgedaag en amper ‘n stormloop veroorsaak. Die land het ‘n breë werkloosheidsyfer van 55 persent, jeugwerkloosheid van 61 persent, en slegs 3,8 persent van die bevolking dra by tot die belastingbasis.