Inflasie vir Junie bekend, alles is opJuly 10, 2025
Hooflyninflasie in Junie het op 3,7 persent ingekom, effe hoër as Mei se 3,5 persent. Mirjam Shihepo van die Namibiese Statistieke-agentskap het meer.
Intussen het voedselpryse so gestyg op ‘n jaargrondslag: Vrugte is 16 persent duurder met vis wat 10,3 persent op is. Groente jaag jou 10,2 persent meer uit die sak en vleis, 9,8 persent. Koffie en tee is 9 persent duurder en olies en vette, 7,1 persent. Brood en grane is op met 3,7 persent terwyl suiker en suikerprodukte 3 persent meer kos. Suiweloprodukte en eiers is 1 persent duurder.