Khomas het laagste inflasie van sones op 3,3%July 10, 2025
Die Namibiese Statistieke-agentskap sê Junie se inflasie was op 3,7 persent. In sy verslag sê hy sone 1, of die noordelike dele, het die hoogste sonale inflasie ervaar op 3,9 persent. In sone 3, of die Suide saam met Omaheke en Erongo, was dit 3,7 persent en Khomas, sone 2, het die laagste inflasie gehad op 3,3 persent. Wit broodmeel was die duurste in sone 2, en die goedkoopste in sone 1. Wit koekmeel was egter die duurste in sone 3, en ook die goedkoopste in sone 1.