MK lê kriminele klagte teen Mchunu en SibiyaJuly 10, 2025
Die MK-party het ‘n strafsaak teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu en adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya by Pretoria se Brooklyn-polisiestasie aanhangig gemaak. Dit is vir meineed en regsverydeling ná bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi. Hy het beweer dat Mchunu en Sibiya medepligtig is by ‘n sindikaat, beheer deur dwelmkartelle en sakelui, wat georganiseerde misdaad in die land geïnfiltreer het. David Skosana van die MK-party het aan die SABC gesê aanspreeklikheid is die sleutel: