Namcor-bedrogsaak uitgestel vir borgtog-aansoekeJuly 10, 2025
Die Teenkorrupsie-kommissie het altesaam 13 individue en entiteite formeel aangekla vir beweerde korrupsie by Namcor. Die verdagtes, meesal voormalige senior bestuurders by Namcor, het vandag vir die eerste keer in die hof verskyn aangekla van oortredings van die Teenkorrupsiewet en die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad-wet. Die lang lys aanklagte sluit in die korrupte ontvangs van gratifikasie, die korrupte aanvaarding van gratifikasie deur ‘n agent as ‘n aansporing, en die korrupte gebruik van ‘n kantoor of posisie vir gratifikasie. Entiteite wat na bewering gebruik is om verdagte betalings te kanaliseer of te ontvang, insluitend Enercon, is ook aangekla. Die saak is uitgestel tot Maandag vir formele borgtogaansoeke.