NamWater het groot kommer oor onwettige water-tap en vandalisme teen kanaalJuly 10, 2025
NamWater sê hy is diep bekommerd oor toenemende gevalle van onwettige water-tap en vandalisme langs die kanaalsisteem in die Omusati-streek, veral in die omgewing van Ongongo en Ombalantu. Dit beskadig kritiese infrastruktuur en ontwrig die vloei en verspreiding van water na gemeenskappe. Sommige van die onwettige water-konneksies word direk onder die kanaal aangebring, wat die struktuur verswak en ‘n beduidende veiligheidsgevaar inhou. NamWater sê die sigbare skade neem by die dag toe. Elke keer wat hulle beskadigde infrastruktuur moet herstel, word fondse gebruik waarmee waterverspreiding na ondergedienste gemeenskappe verbeter kon word.