Nvidia breek markkapitalisasie rekordJuly 10, 2025

Die rekenaarskyfievervaardiger Nvidia se markkapitalisasie het ‘n rekord vier-biljoen Amerikaanse dollar, gelyk aan net meer as 72-biljoen Namibiese dollar bereik, wat die eerste maatskappy in die wêreld is om die mylpaal te bereik. Aandele van die vooraanstaande skyfie-ontwerper het met 2,8-persent gestyg tot ‘n algehele hoogtepunt van net meer as 2 959 dollar danksy ‘n voortdurende vraag na kunsmatige intelligensie-tegnologie. Nvidia se stygende markwaarde benadruk Wall-straat se vertroue in die vinnige groei van KI. Die maatskappy se hoë-prestasie-skyfies is die ruggraat van die tegnologiese vooruitgang.