Robot kan galblaasoperasie uitvoerJuly 10, 2025

‘n Eksperimentele robot kan nou op sy eie ‘n delikate, ingewikkelde fase van ‘n galblaasoperasie uitvoer. Dit is ‘n belangrike stap in die rigting van outomatiese mediese prosedures, sê Axel Krieger, ‘n navorser van die Johns Hopkins-universiteit in Amerika. Bestaande chirurgiese robotte word op ‘n afstand deur chirurge beheer. Die nuwe stelsel gebruik egter kunsmatige intelligensie om onafhanklike besluite te neem en pas by onverwagte komplikasies tydens operasies aan, sê Krieger, wat die navorsing gelei het. Hy vergelyk die robot met ‘n outonome voertuig wat enige pad, in enige toestand kan navigeer en intelligent kan reageer op wat dit ook al teëkom.