VSA stel sanksies teen Albanese in July 10, 2025

Amerika stel sanksies in teen ʼn spesiale rapporteur van die Verenigde Nasies se Menseregteraad, Francesca Albanese. Die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê die sanksies teen Albanese is omdat sy regstreeks met die Internasionale Strafhof kontak het in sy pogings om Amerikaanse of Israelse burgers te vervolg. Rubio beskuldig Albanese ook van anti-Semitiese uitlatings, ondersteuning van terrorisme en openlike minagting vir Amerika, Israel en die Weste. Albanese is ʼn groot ondersteuner van die Strafhof se lasbriewe vir inhegtenisname teen Israelse amptenare, insluitend eerste minister Benjamin Netanyahu.