Afrikane boos oor Trump se Engels-aanmerkings July 11, 2025

Liberiërs en talle Afrikane is warm onder die kraag na aanmerkings deur Amerikaanse president, Donald Trump, dat sy Liberiese ampsgenoot, Joseph Boakai, vreeslik mooi Engels praat. 

Die aanmerkings word as neerhalend beskou en talle menings is dat dit weer bewys is van hoe oningelig Trump werklik is. Engels is Liberië se amptelike taal en word sedert 1820 in die land gepraat as gevolg van ‘n geskiedenis van Amerikaanse slawerny en koloniale praktyke.