Banke eis N$27m se skuld in 37 aansoekeJuly 11, 2025
Regters Boas Usiku en Thomas Masuku het vanoggend 80 aansoeke vir verstekvonnisse in die hoofstad hanteer, waarvan 10 op die reël 108-rol was. Banke het 37 van die aansoeke gebring en eis 14 eiendomslenings met uitstaande skuld van 15,6 miljoen Namibiese dollar op. Daar is ook 23 lenings met 11,1 miljoen dollar uitstaande wat nou betaalbaar is. In Maandag se sessie hanteer Masuku 18 onverdedigde egskeidings.