Negende Namcor-bedrog beskuldigde in hofJuly 11, 2025
Die negende gearresteerde verdagte in die Namcor bedrogskandaal, Leo Stefanus, het vlugtig in die Windhoekse laerhof verskyn. Landdros Olga Muharukua sê hy sal by Maandag se formele borgaansoek van die ander agt beskuldigdes gevoeg word. Stefanus word aangekla van rampokkery, geldwassery en die korrupte oorhandiging van gratifikasie. Hy is ‘n aandeelhouer in Erongo Petroleum, ‘n maatskappy onder leiding van Austin Elindi, die beskuldigde Peter Elindi se seun. Nandago het na bewering tussen 1 Augustus 2022 en 4 Mei 2023 brandstof ter waarde van 228 miljoen Namibiese dollar in Windhoek ontvang. Die brandstof is vermoedelik verkry deur ‘n skema skema waarin fondse onwettig van Namcor afgelei is deur gemanipuleerde of onversekerde olievoorsieningskontrakte, volgens staatsaanklaer Menencia Hinda.