Charles Namoloh kritiek in hospitaal July 12, 2025

Afgetrede generaal-majoor Charles Namoloh, ‘n voormalige minister van veiligheid en sekuriteit, is reeds die afgelope twee weke in ‘n private hospitaal in Windhoek. Sy toestand is kritiek, het die verdedigingsministerie vanoggend bevestig. Namoloh, ‘n voormalige bevelvoerder van Plan en die Namibiese weermag, is 75 jaar oud. Die ministerie het die publiek versoek om hom en sy familie hul privaatheid tydens sy siekbed te gun.