Dringende gesprek oor voëlgriep krities belangrikJuly 12, 2025
Die Pluimveeprodusentevereniging het volgende week ‘n dringende vergadering belê om Namibië se gereedheid, monitering en beheerstelsels rakende voëlgriep te versterk en sodoende die plaaslike bedryf en die land se voedselsekuriteit te beskerm. Volgens die vereniging is voëlgriep ‘n kritieke kwessie en is dit nie net ‘n streeksbedreiging nie, maar ook ‘n wêreldwyde een. Die vergadering vind volgende Woensdag om twee-uur in die raadsaal van die Namibië Landbou-unie in Windhoek plaas en alle pluimveeprodusente en –invoerders is welkom. Insette en aktiewe deelname is van kardinale belang om Namibië se nasionale kudde te beskerm, marktoegang te behou en ekonomiese impakte te beperk, sê die vereniging.