Kwarteeu tronkstraf elk vir drie wat ondersoekbeampte vermoor July 12, 2025
Drie mans wat skuldig bevind is aan die moord op ‘n veediefstalondersoekbeampte in die Gobabis-distrik in Desember 2012, is Vrydag elk tot effektiewe tronkstraf van 25 jaar gevonnis. Die drie mans – Stockley Kauejao, Matheu Kakururume en Muvare Kaporo – is voorts tronkstraf van 15 jaar op ‘n aanklag van veediefstal en vyf jaar gevangenisstraf op ‘n aanklag van regsverydeling opgelê. Die vonnisse op die tweede en derde aanklagte moet gelyktydig met die 25 jaar tronkstraf op die moordklag uitgedien word, het die regter gelas. ‘n Vierde beskuldigde, Afas Kamutjemo, is tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis op ‘n aanklag van veediefstal en ‘n gelyktydige tronkstraf van 5 jaar op ‘n aanklag van regsverydeling.