Drie vasgetrek met 120 kg dagga July 13, 2025

Drie mans – een Namibiër en twee Zambiërs – is Vrydagaand by die Kamenga-grenspos deur die polisie vasgetrek met twee sakke dagga van 60 kg elk in hul besit. Die verdagtes was van Zambië na Namibië onderweg. Hulle is nog nie formeel aangekla nie en die polisie in die Zambezi-streek ondersoek die saak.