Erken Palestina as staat, sê Britse parlementariërs July 13, 2025

Sowat 60 parlementslede van die Labour-party in Brittanje het ‘n beroep op die regering gedoen om Palestina as ‘n staat te erken. In ‘n brief aan die Britse minister van buitelandse sake, David Lammy, maak die parlementslede voorstelle om Israel te verhoed om sy Rafah-plan uit te voer. Israel wil die inwoners van Gaza van Hamas skei en beplan om die bevolking na die suidpunt van dié strook te verskuif alvorens hulle gedeporteer word. Volgens die groep Britse parlementslede is dit etniese uitwissing, iets wat Israel heftig ontken.