Nóg ‘n Namibiese jagluiperd in Indië dood July 13, 2025
Nabha, die agtjarige jagluiperdwyfie in die Kuno Nasionale Park in Indië, is Saterdag dood aan beserings wat sy ‘n week gelede vermoedelik tydens ‘n jagtog opgedoen het. Volgens die owerhede was een van haar bene onder meer gebreek en het behandeling nie gehelp nie. Nabha was een van agt jagluiperds wat Namibië in 2022 na Indië gestuur het, waar dié diere uitgewis was. Buiten vir Nabha is nóg ‘n volwasse jagluiperd en drie welpies sedertdien dood.