Gaseb verskyn weer na 1 Mei se gru-ongeluk July 14, 2025
Die 37-jarige Ronnie Gaseb, wat met vyf klagtes strafbare manslag in verband met 1 Mei se gru-ongeluk, aangekla is, sal weer vandag in die laerhof op Karibib verskyn. Die ongeluk, wat tussen Okahandja en Karibib plaasgevind het, het die lewens van vyf mense, wat die evangeliste Eddie en Linda van der Merwe, sowel as Fritz Brand, en ook ‘n ses-maande oue baba insluit, geëis. Gaseb staar ook klagtes van dronkbestuur sowel as bestuur sonder ‘n geldige rybewys in die gesig.