Huishoudelike geweld eis 3 lewens, een beseerJuly 14, 2025
Drie mense is die naweek in twee afsonderlike voorvalle van huishoudelike geweld vermoor en een is beseer. In Kavango-Wes is ‘n 27-jarige man in hegtenis geneem ná hy na bewering Vrydag sy ouma van 84 jaar en oupa van 79 met ‘n byl aangeval en vermoor het. Op Rosh Pinah het ‘n rusie tussen ‘n paartjie wie se verhouding op die rotse was, waarksynlik tot die dood van ‘n 28-jarige vrou gelei. Haar voormalige kêrel het glo sy besittings by haar huis gaan haal, beide van hulle in haar kamer toegesluit, waar bure haar hoor gil het. Omstanders het die deur afgebreek en die oorledene dood in ‘n poel bloed aangetref is. Die verdagte het steekwonde aan sy keel en bors gehad en lê onder polisiebewaking in ‘n hospitaal op Keetmanshoop.