Jane Goodall gevier op Wêreld-sjimpansee-dagJuly 14, 2025

Dit is vandag Wêreld-sjimpansee-dag en die Verenigde Nasies vereer Jane Goodall vir haar onvermoeide toewyding aan sjimpansees. Goodall het op hierdie dag in 1960 haar navorsing by die Gombe Nasionale Park in Tanzanië begin oor die belangrikheid van dié primate en die dringende behoefte om hulle en hul habitat te beskerm. Die VN sê weens ontbossing, onwettige jag en die vernietigende uitwerking van onwettige handel in troeteldiere, laat die die sjimpanseebevolking in die natuur afneem.