Mikrolener N$210 00 kwyt na vervalste handtekeningJuly 14, 2025
Op Walvisbaai is ‘n verdagte in verband met diefstal, bedrog en geldwassery in hegtenis geneem. Die verdagte het na bewering tussen Mei 2024 en Julie vanjaar verskeie leningstransaksies met ‘n vervalste handtekening by ‘n mikrolener voltrek. Die totale waarde van dié lenings is 210 700 Namibiese dollar. Niks van die geld is tot dusver teruggekry nie. Die ondersoek duur voort.