NamRA vorder reeds 22% van sy teiken inJuly 14, 2025

NamRA het gedurende die eerste kwartaal van die 2025/26-boekjaar 19,9 miljard Namibiese dollar in netto inkomste ingevorder, wat 22,4 persent van sy jaarlikse teiken van 88,999 miljard dollar bereik het. Volgens NamRA se jongste syfers het bruto inkomste teen 30 Junie vanjaar 22,5 miljard dollar beloop. Nadat belastingterugbetalings ter waarde van 2,6 miljard dollar verwerk is, het die netto bedrag 19,9 miljard dollar beloop.