Nog ‘n gewapende roof, N$100 000 gebuitJuly 14, 2025
Nog ‘n gewapende roof het in die hoofstad plaasgevind. Twee mans, een met ‘n panga en die ander met ‘n handwapen het ‘n bekende winkel by die Shoprite-kompleks op Monte Christo beroof. Volgens berigte vanaf die toneel het die man met die geweer gedreig dat as een skree sal hy skiet. Die twee, wat te voet weggekom het, het ongeveer 100 000 Namibiese dollar in kontant gesteel. Niemand is beseer nie.