Skopboksers presteer by Desert Storm 5 internasionale toernooiJuly 14, 2025
Namibiese skopboksers het presteer by die Desert Storm 5 internasionale skopboks-toernooi wat die naweek deur die Namibië Skopboks-federasie in Walvisbaai aangebied is. Julian Müller het sy Sub-Sahara-titel suksesvol verdedig teen Suid-Afrika se Micardo du Preez met ‘n tegniese uitklophou in die tweede rondte. Sy broer, Delano Müller, het eweneens Alen Mhango van Zimbabwe met ‘n tegniese uitklophou verslaan. Giano Alcock en Denzil Kamangira van Zimbabwe se junior afdeling-kampioenskapgeveg het gelykop geëindig. Meer as 70 mededingers van sewe lande het in meer as 150 afdelings meedgeding.