Swiatek verbeter tot derde op tennis-wêreldranglysJuly 14, 2025

Tennis: Iga Swiatek van Pole het tot derde op die wêreldranglys verbeter nadat sy Saterdag haar eerste Wimbledon-titel en sesde Grand Slam-kroon ingepalm het. Aryna Sabalenka van Belarus bly eerste nadat sy in die halfeindronde teen Amanda Anisimova verloor het. Die Amerikaner het met vyf plekke tot sewende verbeter. Die Amerikaner Coco Gauff is steeds tweede en haar landgenoot Jessica Pegula vierde, gevolg deur die Russiese tiener Mirra Andreeva en Qinwen Zheng van China. Die Amerikaner Madison Keys, die Italianer Jasmine Paolini en die Spanjaard Paula Badosa voltooi die toptien.