Meatco skors sy hoof, Patrick LiebenbergJuly 15, 2025

Die direksie van Meatco het sy waarnemende uitvoerende hoof, Patrick Liebenberg, geskors hangende ‘n ondersoek. Woordvoerder Undamuje Hambira wou geen kommentaar lewer nie en het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is ‘n interne saak. Die voorsitter van die direksie, Stephanie de Klerk, nie die rede vir die skorsing bekend gemaak nie en sê Kingsley Kwenani sal waarneem. Die aankondiging is vandag in ‘n omsendskrywe aan personeellede gerig. Daar word beaam dat die skorsing verband hou met die verdwyning van 400 beeste van Meatco van Linden-voerkraal, van David van der Linden, tans agter tralies op dagga-klagtes.